At 4 Umzumbe, Mangrove Beach Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

At 4 Umzumbe Beach Apartment is 'n luukse woonstel in die stiller deel van Banana Beach naby Port Shepstone aan die KwaZulu-Natalse Suidkus geleë. Die onderdak-patio bied 180°-uitsigte oor die Indiese Oseaan en die golwende groen suikerriet-plantasies. Ervaar 'n ware Suidkus-wegbreek met die geur van kerrie en sout seewater, asook welige plantegroei.

Dié eenheid is op die eerste verdieping geleë en beskik oor 3 slaapkamers. Die stylvolle interieur het 'n kalm kus-tema. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Elke kamer spog met see-uitsigte en wit perkallinne. Lugversorging is beskikbaar om die ergste somerhitte af te weer.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas, 'n vrieskas, 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware in. 'n Skottelgoedwasser word ook gerieflikheidshalwe voorsien.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n FHD-TV met volledige DStv Premium-pakket en 'n DVD-speler. Die leefarea bied via konsertinadeure toegang tot 'n onderdakstoep met meubels, braaigeriewe en asemrowende uitsigte.

Die Mangrove Beach Estate bied 24 uur-sekuriteit, 'n gemeenskaplike swembad, 'n gimnasium, 'n speletjieskamer en wasgoedgeriewe. Die pragtige Banana-strand is net 'n klein entjie se stap (120 m) deur 'n aangrensende oord.

Die woonstel is naby verskeie besienswaardighede en restaurante. Gaste kan by Banana-strand gaan visvang of die kinders kan in die rotspoele speel. Die getypoel is 'n veilige swemplek vir kinders. Die lewensredders is oor naweke en gedurende vakansies aan diens en daar is altyd 'n lekker vakansie-atmosfeer by 4 Umzumbe.

Slaapplek

'n Bespreking by At 4 Umzumbe, Mangrove Beach Estate sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
2 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na At 4 Umzumbe, Mangrove Beach Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 R800 per nag (plek vir 6)

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false