At Heritage House

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 25 % af

Kry 25% af. Geldig vanaf 15 Aug 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

At Heritage House bied akkommodasie in 'n koloniale styl met 'n luukse, subtropiese atmosfeer. Ons is ideaal geleë in die hartjie van iSimangaliso Vleilandpark, Suid-Afrika se eerste wêrelderfenisgebeid en is slegs 45 minute se ry van die bekende Hluhluwe Umfolozi Wildreservaat af, die oudste geproklameerde reservaat in Afrika.

Ons het altesaam 5 kamers waar gaste kan kies tussen standaardkamers, 'n luukse patio-kamer en 'n kothuis. Al die kamers is smaakvol gemeubileer wat bydra tot die subtropiese atmosfeer. Kamers sluit koninggrootte-beddens, en suite-badkamers, lugversorging, 'n persoonlike kluis en 32''-TV's met satellietverbinding in. Geniet gerus die komplimentêre water en subtropiese vrugte wat daagliks in jou kamer voorsien word.

Ontspan in enige van die 2 sitareas op die perseel. Die binnenshuise sitarea is 'n lekker plek om te ontspan saam met die gesin of om nuwe kennisse te maak. Die sitarea buite is ideaal vir 'n warm, tropiese dag waar gaste kan sit en lees of afkoel in die swembad.

At Heritage House moedig gaste aan om navraag te doen oor die ongelooflike, inklusiewe safari-pakkette.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na At Heritage House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 R1 425 per nag (vir 2 mense)

Kry 25% af. Geldig vanaf 15 Aug 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false