Bela-Bela Akkommodasie by ATKV Klein Kariba | LekkeSlaap
+164

ATKV Klein Kariba

Oord
  • Kapasiteit: 1074 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R101, Warmbad, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R130 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

ATKV Klein Kariba is in een van die Waterberg se mooiste klowe net buite Bela-Bela in Limpopo. Dis net 90 minute vanaf Johannesburg en 'n uur se ry van Pretoria af.

Die oord bied verskeie verblyf in die vorm van woonstelle, berghuise, hutte, tenthuise en gaste-slaapkamers. Daar is 177 selfsorg-eenhede. Die eenhede is volledig gemeubileer en toegerus. Swemhanddoeke, waslappe en skoonmaakmiddels word nie voorsien nie. Al die eenhede het beperkte DStv, braaigeriewe en parkeerplek beskikbaar.

Gaste het toegang tot verskeie doendinge en ontpanningsgeriewe, insluitend 'n restaurant op die perseel, wegneemetekafee, geriefswinkel met baie voorraad en 'n OTM. Die oord het 2 warmwaterbronne, 'n verhitte binnenshuise swembad, 'n koue swembad buite en 'n plonspoel. Gaste het ook toegang tot doendinge soos gholf, mini-gholf, vlugbal, perdry, wildkyk, stap, fietsry, roei, visvang, snoeker en vierwielmotorfietsry.

Die oord bied ook moderne geriewe vir groepe van tot 700 afgevaardigdes en danksy die rustigheid en stilte wat in die oord heers, is dit die ideale bestemming vir sakevergaderings en konferensies. Die oord spog ook met 'n klip-kapel wat ideaal is vir troues.

Die ATKV Klein Kariba is langs die Bosveld-toeristeroete geleë en dien as die ideale vertrekpunt vir dagtoere om die omgewing se besienswaardighede te verken. Besienswaardighede in die omgewing sluit Makapansgat, Thaba Kwena Krokodilplaas en Adventures with Elephants in. ATKV Klein Kariba is 172 km van Johannesburg af en 116 km van Pretoria af geleë.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Speletjieskamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 229 resensies vir ATKV Klein Kariba
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • R101, Warmbad, 0480, Limpopo
  • Gaste dink ATKV Klein Kariba het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R130
per nag (plek vir 6)
Vanaf R130
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 1074 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R101, Warmbad, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlYjYzNjBlLWMxNzItNDgzNy1iOTFjLTNkMmYwNTlkZjYxNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R130  per nag (plek vir 6) 229 5 1 5 R101 Warmbad 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -24.84958095542 28.335495740175
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za