Bakkiespomp Margate House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bakkiespomp Margate House is in Hibiscus-weg net 200 meter van Margate se hoofstrand af geleë. Dié vakansiehuis is ideaal vir 'n groot gesin of groep vriende wat op soek is na verblyf met 'n gerieflike, sentrale ligging in 'n gewilde vakansiebestemming naby verskeie winkels, restaurante en doendinge.

Die huis het 4 slaapkamers en bied slaapplek vir 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en enkelbed. Die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 'n aparte badkamer met 'n stort en kamer 3 en 4 deel die derde badkamer.

Op die boonste verdieping van die huis is daar 'n ruim leefkamer en 'n deur wat na die balkon met pragtige uitsigte oor die warm Indiese Oseaan lei.

Die kombuis is volledig toegerus met alles wat jy sal benodig vir selfsorg insluitend 'n wasmasjien en skottelgoedwasser.

Die huis het ook 'n groot eetkamer met genoeg sitplek waar gaste maaltye saam kan geniet.

Daar is ook 'n groot tuin waar kinders kan baljaar.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bakkiespomp Margate House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]