Bali Hai 603

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Aug 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

Bali Hai 603 is 'n selfsorgwoonstel oorkant die strand in Westbrook. Doendinge in die omgewing sluit swem, visvang en duik in. Dolfyne en walvisse maak ook gereeld hul verskyning.

Die woonstel het 3 slaapkamers met 2 badkamers en daar is lugversorging. Dit is op die sesde vloer geleë en daar is 'n hysbak vir gaste se gebruik. Elke slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed. 'n TV met DStv is beskikbaar in die hoofslaapkamer en sitkamer. Daar is 'n bad en 'n stort in die woonstel.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n eetkamertafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek, asook 'n TV met DStv.

Skuifdeure lei van die sitkamer na die onderdak-balkon wat lieflike uitsigte oor die see en die swembad in die kompleks bied. Daar is ook 'n gasbraai en stoepmeubels op die balkon. Die kompleks het 'n restaurant op die perseel.

Neem asb. kennis dat daar 'n streng beleid is teen geraas na 22:00. Indien hierdie reël oortree word, sal boetes gehef word en moontlike uitsetting kan plaasvind.

Slaapplek

'n Bespreking by Bali Hai 603 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bali Hai 603 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 475 R1 180 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Aug 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false