Ballito Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Aug 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

Ballito Beach House is ‘n selfsorgvakansiehuis in Ballito met pragtige strande en warm water. Dis oorkant Boulder's Bay waar dolfyne in die branders baljaar en jy tussen hulle kan branderplankry of skubaduik. Die promenade is die ideale plek om vroegoggend te draf en daar is verskeie winkelsentrums in die omgewing.

Die hoofhuis en woonstel kan apart bespreek word en albei is troeteldiervriendelik. 2 klein, gemanierde hondjies word per eenheid toegelaat. Die huis het parkeerplek vir 2 voertuie en die woonstel het oop parkeerplek vir 1 voertuig. Die eenhede word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Bring asb. jou eie handdoeke saam. Daar is ook ‘n buitestort.

Die huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders. Dit beskik oor 3 slaapkamers waarvan 2 dubbelbeddens en die derde 2 stapelbeddens het. Elke kamer het ook ‘n plafonwaaier. Daar is nog ‘n kamer met 2 enkelbeddens en ‘n badkamer. Die kombuis is toegerus met ‘n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien en skottelgoedwasser. Die ruim leefarea het ‘n etenstafel, genoeg sitplek en DStv..

Die oopplan-woonstel is onder die hoofhuis en het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Daar is ‘n dubbelbed en ‘n dubbelslaapbank. Daar is ook ‘n stoof, plafonwaaier n ‘n TV met ‘n Explora-koppelpunt.

Dis oorkant die strand met ‘n met ‘n toegangshekkie in Compensation-kusweg.

'n 1 uur lange skoonmaakdiens word Maandae tot Saterdae gelewer, openbare vakansiedae uitgesluit. Die beddens word dan opgemaak, die badkamers skoongemaak en die vloere gevee en gewas. Die was van skottelgoed is egter nie ingesluit nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ballito Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R675 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Aug 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false