Baviaanskloof  Akkommodasie by Baviaanskloof Adventure Camp | LekkeSlaap
+64
+64

Baviaanskloof Adventure Camp

3 resensies
Tentekamp
  • Vanaf R1 990 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oewer van die Kougarivier, Baviaanskloof Natuurreservaat, 6445, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Baviaanskloof Adventure Camp is die eerste, mobiele avontuur-tentkamp in Suid-Afrika se grootste bewarea - die pragtige Baviaanskloof. Die avontuur-tentkamp sal slegs vir 'n beperkte tyd aan die gang wees.

Die kamp bied 5 seil-koepeltente, 4 gesinstente en 5 safari-tente. Elke tent beskik oor gemaklike beddens met beddegoed en sy eie chemiese spoeltoilet en 'n warmwaterstort-tent.

Dit is in 'n inham aan die oewer van die silwerskoon Kougarivier geleë. Die omgewing laat flukse gaste toe om verskeie doendinge te ervaar, soos kajakroei of voetslaan. As gaste rustiger wil verkeer kan hulle na die reservaat ry en hul oë oophou vir die ontwykende swartrenoster, verskeie ander soogdiere en talle voëlspesies. Gaste kan ook net lekker in die rivier ontspan, terwyl die water oor die klippe kabbel.

Daar is voetslaan-, fietsry- en 4x4-roetes binne 'n 5 km radius vanaf die kamp. Let asb. daarop dat daar doringbome op die kampterrein is.

Daar is 2 roetes wat na die kamp lei. Die westelike ingang na die park staan bekend as die Willowmore-roete en die Patensie-roete is die naaste aan die oostelike ingang. Port Elizabeth se lughawe is nie té ver nie, maar dit sal gaste omtrent 3,5 ure se ry neem. Dit is grootliks vanweë die beeldskone uitkykpunte op pad na die bewarea wat dit amper onmoontlik maak om nie van tyd tot tyd te stop en die panoramiese uitsigte te bewonder nie. Die pad kronkel deur, oor en om die koppies en heuwels van die Baviaanskloof-vallei. Gaste sal oor 'n hele paar kristalhelder stroompies ry in dié vallei.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 3 resensies vir Baviaanskloof Adventure Camp
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.3/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Oewer van die Kougarivier, Baviaanskloof Natuurreservaat, 6445, Oos-Kaap
  • Gaste dink Baviaanskloof Adventure Camp het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 990
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Baviaanskloof Oos-Kaap
Vanaf R1 990
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 990
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oewer van die Kougarivier, Baviaanskloof Natuurreservaat, 6445, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDczOWUxOGYxLTU3YTgtNDZlZC04MGE3LWUyYTFjMGY1YTkxZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 990  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 Banks of Kouga River Baviaanskloof Nature Reserve 6445 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.531951038171 23.937739133835
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za