Berchtesgaden Ranch and Lodge
- Kapasiteit: 51 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Vanaf R275 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Berchtesgaden Ranch and Lodge in Vaalwater bied 'n ware Afrika-boservaring. Gaste kan die gemak van die lodge en chalets geniet terwyl hulle hulself in die natuur verdiep, beide in die Afrika bos of op die Lewenstyl Boerplaas.
Verblyf sluit 'n reeks opsies in, van chalets, luukse safari tente tot 'n boskamp, wat 'n rustieke sjarme met gemak kombineer. Gods' Window is so spesiaal, bedoel vir slegs 2, in die ongerepte bos, 4 meter bo moeder aarde, waar jy die bos vanuit die lug ervaar en die nag of 2 daar kan deurbring.
Die veilige lodge-area is die middelpunt van die verblyf, met geriewe, aktiwiteite, 'n boma en lapa, 'n welstandsentrum met gymnasium en spa en GROOT grasperke vir die jong klomp om te baljaar. Gaste kan die plaas verken vir wildkyk of visvang, of die nabygeleë Lewenstyl Boerplaas besoek om te sien hoeveel van die kos wat op die perseel bedien word, verbou word en deelneem aan gesinsvriendelike aktiwiteite rondom die plaas diere. Doen gerus navraag by die kantoor.
Berchtesgaden bied 'n outentieke Afrika-ervaring, wat gaste die gevoel van 'n tweede tuiste in die hartjie van die Waterberg gee.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
Toeganklikheid
- Kapasiteit: 51 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang