Bo-Karoo Akkommodasie by Bloemhof Karoo | LekkeSlaap
+37

Bloemhof Karoo

4 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 25 km suid van Richmond, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 930 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bloemhof Karoo is 'n historiese kamer wat eens op 'n tyd in Professor Christiaan Barnard se besit was. Hierdie elegante opstal staan in 'n groen oase tussen koppies op 'n produserende plaas in die malariavrye Groot Karoo in die Noord-Kaap.

Die gastehuis bied 4 gemaklike kamers waarvan 2 gesinsuites is.

Gaste kan heerlik ontspan in die sitkamer met sy vol kroegie wat lei na 'n beskutte braaiplek. Daar is 3 eetkamers en 'n sonkamer wat gaste genoeg privaatheid gee om hul eie geselskap te geniet of te kuier of 'n geselsie met medereisigers aan te knoop. Daar is ook lieflike sitplekke in die skadu van reuse peperbome en 'n plaasdam waarin jy kan afkoel.

Bloemhof is die ideale toevlugsoord vir siele wat op soek is na rus en verfrissing. Dit is die perfekte plek vir gesinswegbreke, oornagverblyf vir reisigers onderweg na Johannesburg of die kus, kunstenaars, skrywerswerkswinkels, fotografie-wegbreke, stappers, vierwielmotorfietsryers en bergfietsgeesdriftiges aangesien daar is baie uitdagings en uiteenlopende terreine is.

Bloemhof Karoo spog verder met 'n pragtige kapel - 'n eertydse skuur van klip wat plaaslik gekap is.

Ons is bekend vir ons uitmuntende Karookombuis. Wildsvleis- en skaapvleispasteie, boerboontjies, soetpampoen, kweperjellie, plaasbrood en roosterkoek is van die tradisionele geregte waaraan jy kan smul.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Bloemhof Karoo
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 25 km suid van Richmond, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Gaste dink Bloemhof Karoo het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bo-Karoo Noord-Kaap
Vanaf R1 930
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 930
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 25 km suid van Richmond, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUxMjIxNzc4LTJkNmItNDI3ZS1iNTNiLWYwNTJhNjA1MTZkOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 930  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 25 km south of Richmond Richmond 7090 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -31.537100008934 23.681730899387
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za