Blue Emerald Villa
14 gaste
7 slaapkamers
7 beds
8 badkamers
- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Soos Gesien op Instagram
- 23 Geneva Drive, Camps Bay, Cape Town, 8005, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Blue Emerald Villa is 'n pragtige selfsorgvilla in die hartjie van Kampsbaai in Kaapstad, net 600 m vanaf die strand. Die villa spog met 'n asemrowende uitsig oor die strand en op Leeukop en is ideaal vir 'n wegbreek by die see in die pragtige Moederstad.
Die tripelverdieping-villa bied slaapplek aan 14 gaste en beskik oor 7 slaapkamers, 7 badkamers en 'n gastetoilet. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en lugversorging. Elke badkamer het 'n bad en 'n stort óf net 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beslaan die middelste verdieping en beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n draagbare gasverwarmer en 'n TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Daar is 'n tweede eetarea en 'n formele sitkamer met 'n kaggel. Aan die ander kant van hierdie leefarea is 'n tweede TV-sitkamer, 'n kroeg met 'n ysmasjien en 'n wynyskas, en 'n pooltafel. Dié leefarea lei na 'n stoep met 'n buite-etenstafel, sithoekie, gasbraai en 'n swembad met sonstoele.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 23 Geneva Drive, Camps Bay, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
Toeganklikheid
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
23 Geneva Drive, Camps Bay, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
Sien kaart- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Instagram
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang