Blue Tides
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Surf Lane, Bluewater Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6212, Oos-Kaap
- Vanaf R2 460 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Blue Tides bied verblyf aan korporatiewe instansies (maksimum 6 persone wat spasies deel) asook privaat vakansiegangers (maksimum 8). Geen areas word met die eienaar of ander gaste gedeel nie en gaste geniet privaat ingang en parkering.
Spesifiseer asseblief die aard van die bespreking tydens navraag. Dit bepaal die hoeveelheid beddens en uitleg.
Blue Tides is 'n dubbelverdieping-selfsorg eenheid in die stad Gqeberha (Port Elizabeth) geleë langs Algoabaai se kuslyn en spog met die perfekte kombinasie van warm water, beskermde strande en 'n subtropiese klimaat.
Blue Tides bestaan uit 2 eenhede wat albei op die boonste verdieping geleë is. Elke eenheid het 'n dubbelbed en 'n
en-suite badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort, asook hangplek en rakke vir gaste se klere of persoonlike besittings. Daar is 'n wasmasjien in een van die eenhede vir gaste tydens lang besprekings.
Elke eenheid het 'n sit-area met 2 enkelbeddens, 'n TV met Open View/ Netflix en toegang tot die balkon.
Die eenhede het elk werkspasie vir skootrekenaar en administratiewe take. Gratis WiFi word voorsien.
Die kombuisie is ook op die boonste verdieping en is toegerus met 'n yskas-vrieskas, oondjie, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, lugbraaier, ketel en basiese toebehore.
Die grondverdieping is 'n ruim vertrek met 'n sit/eetkamer.
Die buite area bied parkeerplek (agter 'n motorhuis deur) en is ook die ontspanning area met swembad, buite braai en stoep met tafel/sitplek eenhede.
Geen areas word met ander gaste gedeel nie, privaatheid word dus verseker.
Die visdam in die tuin area bied 'n rustige, ontspanne atmosfeer.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Gerhard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 3 Surf Lane, Bluewater Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6212, Oos-Kaap
- Gaste dink Blue Tides het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Surf Lane, Bluewater Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6212, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang