2 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 4 Baobab Street, Eldoraigne Ext 11, Centurion, 0157, Gauteng Sien kaart
Beskrywing
Baobab Gastehuis is 'n duplekswoonstel met 'n privaat ingang, geleë op die eienaar se eiendom in die stil woonbuurt Eldoraigne in Centurion. Hierdie goed ingerigte ruimte bied gaste privaatheid, wat dit ideaal maak vir beide sakereisigers en vakansiegangers.
Die woonstel bied slaapplek vir 2 gaste en bestaan uit 1 slaapkamer met lugversorging en 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is gemaklik gemeubileer met 'n koningin grootte bed, terwyl die badkamer met beide 'n bad en 'n stort toegerus is. Omdat die kamer ingerig is vir twee mense, besit die badkamer 'n dubbel wasbak, gerieflik vir twee mense.
Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die eenheid beskik oor 'n goed toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, 'n air fryer, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n ontbyttoonbank met stoele. Op die balkon is 'n braai en Cadac skottel geplaas vir langtermyn gaste verbruik, en verder word 'n elektriese braaipan en toaster ook voorsien.
Die sitkamer bied 'n gemaklike rusbank, en vir vermaak is 'n slim-TV met Netflix en toegang tot gratis WiFi beskikbaar.
Die sitkamer is onder geleë, terwyl die slaapkamer bo is. Die trappe is moontlik nie geskik vir peuters, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.
Gaste kan 'n balkon met buitesitplek geniet, sowel as 'n patio aan die voorkant wat heerlike oggendson ontvang. Veilige parkering word in die outomatiese motorhuis voorsien, en die woonstel is gerieflik geleë naby winkelsentrums, restaurante, hoofpaaie, hospitale, SuperSport Park, skole en die Swartkop- en Waterkloof-lugmagbasisse.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Bernard en
Mariska
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 8 maande
Ligging
- 4 Baobab Street, Eldoraigne Ext 11, Centurion, 0157, Gauteng
- Gaste dink Baobab Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
4 Baobab Street, Eldoraigne Ext 11, Centurion, 0157, Gauteng
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang