Boekenhout Lodge
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige:
- Skoonmaakfooi van R250.00 per bespreking
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
- 'n Skoonmaakdiens is op versoek en teen ’n ekstra koste beskikbaar.
- Enige breekskade of skade vanweë agterlosigheid deur gaste wat meer is as die breekskadedeposito, moet deur gaste gedek word.
- Breekskadedeposito's word 5 - 7 dae na die uitklokdatum terugbetaal. Dit is die gas se verantwoordelikheid om hul bankbesonderhede te voorsien vir die terugbetaling om te kan geskied.
- Partytjies en geraas en steurings na 22:00 word nie toegelaat nie. Gedurende die dag mag musiek slegs gespeel word vir gaste se eie ore.
- Gaste is welkom om besoek af te lê en van die oord se geriewe gebruik te maak teen ’n koste.
- Die lodge het ook 'n toegewese selfry-wildkykvoertuig wat teen 'n ekstra koste per dag gehuur kan word.
- Vullis moet in die lodge of dromme wat voorsien word gehou word, en die vullis sal verwyder word wanneer die skoonmaakdienste bespreek word.
- Plaas asb. alle eetgerei en breekware in die lodge voordat daar geslaap word in die aande en voor daar vertrek word.
- Alle deure en vensters moet toegemaak word wanneer gaste nie in die eenheid is nie.
- Alle vensters moet toegemaak word en die deure moet gesluit word met vertrek.
- Die lodge se sleutels mag nie vanaf die eiendom verwyder word nie en moet in die sleutelboks gesluit word, selfs as gaste net vir ’n wildkyk-rit gaan.
- Vuur word slegs in bepaalde areas toegelaat, die braai en boma.
- Vuurmaakhout vir die boma- en braai-area kan vooraf bestel word om by die lodge afgelewer te word teen ’n ekstra koste per sak.
- Vuurmaakhout mag nie in die veld gekry word.
- Bierboteels, doppies, sigaretstompies ens. wat in die veld gegooi word beloop ’n boete van R500.
- Enige skade vanweë reëls wat nie nagekom nie sal direk aan gaste gehef word.
- Sommige paaie in die reservaat is nie geteer nie en dit word aanbeveel dat ’n voertuig met ’n hoë grondvryhoogte sover moontlik gebruik word.
- Gaste moet die bepalings en voorwaardes wat deur die instansie voorsien word aanvaar wanneer die bespreking gemaak word.
- Reëls wat nie nagekom word nie kan tot ’n boete lei of dat gaste by Mabalingwe Natuurreservaat uitgesit word, lei.
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Off the R516, Mabalingwe Nature Reserve, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Sien kaart- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang