6 gaste
2 slaapkamers
4 beds
1 badkamer
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Boesmanskloof Bergrosie Cottage - No.3 is halfpad tussen McGregor en Greyton geleë en 2 uur se ry vanaf Kaapstad via Worcester, Robertson en McGregor, wat dikwels "The Road to Nowhere" genoem word. Die ligte van die nabygeleë dorpies op die R62, die wêreld se langste wynroete, en die Overberg verseker saans 'n prentjiemooi uitsig. Dit is die ideale bestemming vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek.
Die kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n stapelbed in die leefarea. Die badkamer het 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kothuis beskik oor 'n eetarea, sitarea met 'n kaggel en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n yskas en 'n mikrogolf toegerus. Buite is daar 'n swembad, braaigeriewe en 'n dek met 'n pragtige uitsig op die Sonderendberge wat na die Boesmanskloof-Greyton-rigting strek.
Volg die aanwysings en stap vanaf die Gobosrivier of die nabygeleë gemerkte voetpad om die unieke blomme op die plaas te bewonder. Dié natuurliefhebbersparadys lê in die hartjie van die Riviersonderendberge en word deur die bergpieke van die Langeberge en Galgeberge omring.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Jana Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 173
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Gaste dink Boesmanskloof Bergrosie Cottage - No.3 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang