Bona Ntaba Tree House Lodge
Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Mei 2021 tot 9 Mei 2021.
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erf 148, Guernsey Privaat Natuurreservaat, 40 km vanaf Hoedspruit, 1310, Limpopo
- Geen kinders onder 6
-
Vanaf
R1 200R1 020 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Bona Ntaba Lodge is naby Hoedspruit in 'n privaat wildreservaat geleë en bied gaste die geleentheid om die atmosfeer van die Suid-Afrikaanse Bosveld by 'n rustige lodge te ervaar.
Die lodge het 4 unieke selfsorgboomhuis-chalets en 'n sentrale gemeenskaplike gebou. Twee van die boomhuise het privaat kombuise en bomas. Die boomhuis-chalets kan apart of saam vir 'n privaat vakansie bespreek word.
Elke boomhuis-chalet het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n buitestort. Linne en muskietnette word voorsien en die vensters is met gaas bedek. Elke eenheid het ook 'n privaat dek wat lieflike uitsigte op die bergreeks, sonsondergang en Bosveld bied. Die eenhede word daagliks skoongemaak. Die lodge is in die natuurreservaat geleë en kameelperde, sebras en ander wild beweeg vrylik in die kamp rond.
Die sentrale lodge is tussen die boomhuise geleë en het 'n groot, volledig toegeruste kombuis met 'n toesluitkas en yskas vir elke boomhuis, asook 'n eet- en sitarea. Die boma met braaigeriewe en die plonspoel met 'n dek is by die sentrale hoofgebou geleë.
Kom kyk hoe die son aan die einde van die dag agter die bergreeks inkruip terwyl die wild deur die kamp wandel en die watergat voor die dek en swembad besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Erf 148, Guernsey Privaat Natuurreservaat, 40 km vanaf Hoedspruit, 1310, Limpopo
- Gaste dink Bona Ntaba Tree House Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erf 148, Guernsey Privaat Natuurreservaat, 40 km vanaf Hoedspruit, 1310, Limpopo
- Geen kinders onder 6