Bondi Beach 57
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Warriors-laan, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 040 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Bondi Beach 57 bied verblyf in 'n selfsorgwoonstel op die eerste verdieping in 'n veilige kompleks. Die balkon bied 'n asemrowende see-uitsig en daar is direkte toegang tot die strand. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en is in die welige groen van Shelly Beach aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë.
Dié woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n koningingrootte-bed. Dit lei na 'n privaat balkon en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, lugbraaier, skottelgoedwasser, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n piekniektafel. Die leefarea het lugversorging, gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie woonstel is met 'n omsetter toegerus wat die ligte en TV gedurende beurtkrag aan die gang hou.
Die glasstapeldeure lei na 'n groot balkon met gasbraaigeriewe en 'n etenstafel met stoele, waar gaste die see-uitsig kan geniet. Daar is 'n gedeelde swembad asook 'n gemeenskaplike vuurput. Die kompleks het ook 'n tennisbaan, speletjieskamer en 'n kinderspeelarea. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
David Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 359
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Warriors-laan, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Warriors-laan, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom