6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 725 Grens Street, Rooierwe, Calvinia, 8190, Noord-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Boontjieskraal is 'n pragtige selfsorgplaashuis wat in die hartjie van Rooierwe, Calvinia, geleë is. Vir diegene wat op soek is na 'n rustige wegbreek van die stad se gewoel is dit die ideale opsie aangesien dit afgesonder is en 'n asemrowende uitsig oor die plaas bied.
Dié eiendom bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste van hierdie 2 slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n stort het. Wit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, ysmasjien, eetgerei, breekware en 'n etenstafel toegerus is. Hierdie kombuis het 'n ingeboude braai. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die dubbeldeure lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai wat die ideale plek vir 'n skemerkelkie is. Die stoep lei na 'n swembad waar gaste op warm somersdae kan afkoel.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Jc Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 112
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 725 Grens Street, Rooierwe, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Gaste dink Boontjieskraal het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
725 Grens Street, Rooierwe, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang