Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Brandrivier

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Brandrivier: Skilpad-eenheid
Selfsorg.
Meerkat-eenheid
Selfsorg.
Bakoor-eenheid
Selfsorg.
Huisreëls

Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Deur by Brandrivier te bespreek, aanvaar die eiendom outomaties dat gaste die huisreëls en B&V's gelees en aanvaar het.
Maak asb. die tent toe soos jy dit gevind het. Vir Bakoor en Meerkat beteken dit dat al 3 ritssluiters toe is, asook gesluit is met die slot. Die tente is op 'n plaas met diertjies wat chaos in die tent kan veroorsaak. Gaste sal verantwoordelik wees vir enige skade aan die tent indien hulle nie die tente toemaak nie.
Die area rondom die gastehuise word tans gerehabiliteer. Bly dus op die aangeduide paaie en moenie in die veld omdraai nie.
Die persoon wat die bespreking gemaak het moet teenwoordig wees wanneer gaste inklok. Geen onderverhuring word toegelaat nie.
’n Afskrif van jou ID of bestuurslisensie en adresbesonderhede mag dalk vir identifikasie vereis word.
Geen besoekers word toegelaat nie en gaste moet asb. nie die hekkode met iemand wat nie by jou in die eenhede bly deel nie.
Maak seker dat jy die eenhede toemaak wanneer jy vir die dag vertrek.
Oop vure word nie toegelaat nie, gebruik asb. die gasbraaigeriewe.
'n Inventarislys is beskikbaar in die inligtingslêer. Rapporteer verlore items voor 21:00 op die dag van aankoms.
Rook word nie in die eenheid toegelaat nie. As jy buite rook, moenie stompies in die veld gooi nie.
Gaste mag nie die blomme pluk of plante uithaal nie. Daar is bedreigde plantspesies en die eiendom sien dit as 'n baie ernstige oortreding.
Moenie die diere of voëls voer nie.
Die vrieskompartement in die yskas het 'n klein opklapdeur. Hou dit toe sodat dit nie ontdooi nie.
Brandrivier is van die hoofkragnetwerk af en verskaf net krag om elektroniese toerusting te laai en elektrisiteit vir die yskas en ligte in die tente. Geen ander elektriese toestelle word toegelaat nie.
Geen vreemde voorwerpe in die toilet asb.
Harde musiek word nie toegelaat nie.
Partytjies word nie toegelaat nie.
Uitklok is streng om 10:00.
Die spoedbeperking is 20km/h.
Let asb. dat Meerkat slegs 2 volwassenes kan akkommodeer. Die eenheid is nie kindervriendelik nie. Indien enige addisonele kinders in die eenheid gevind word sal daar 'n ekstra koste van R150 per persoon wees sowel as 'n skadedeposito wat onmiddelik betaalbaar is.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 2 maande voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 maand voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R930
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R930
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R930
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brandrivier Plaas, 30 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQwMzM2ZmZkLTQyYjctNGZiNC1iOTRhLWE4MDYyODcwN2I3OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R930 per nag (plek vir 2) 108 5 1 5 Farm Brandrivier 30 km from Springbok 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -29.910041553411 17.864580553147
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem