Brenton Views
8 gaste
3 slaapkamers
6 beddens
3 badkamers
- Slaapplek vir 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 79 Watsonia Avenue, Brenton on Sea, Knysna, 65710, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Brenton Views is n baie ruim, sonkrag-aangedrewe vakansiehuis in die kusdorpie Brenton-on-Sea, Knysna. Daar is groot water tenks op die perseel en binnekort ook n boorgat. Die eiendom bied 280 grade onbelemmerde panoramiese uitsigte oor die Indiese Oseaan en is ongeveer 250 m van die hoofstrand af geleë. (Enkele minute se stap) Hierdie rustige toevlugsoord is ideaal vir gesinne of vriende wat 'n ontspanne kuswegbreek langs die Tuinroete soek. Fantastiese voël-, dierelewe( verskillende bokke, bosvarke , skilpaaie ens) asook seelewe ( visse, walvisse en dolfyne) is volop en word gereeld vanaf die huis gesien.
Die huis bied slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders ( met vooraf reëling, kan selfs nog n paar kleuters gehuisves word) en bestaan uit 3 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, elk met 'n en-suite-badkamer. Die hoofslaapkamer is gemeubileer met 'n koningingrootte-bed, 'n slaapbank vir 2 kinders, en die en suite-badkamer is toegerus met 'n alleenstaande bad, stort, toilet en wasbak. Daar is ook n groot aantrekkamer met baie kaste.Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en het en suite-badkamers met 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, Nespresso Latissima, lugbraaier, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is n lang toonbank met 4 bankies vir eetdoeleindes. Die eetkamertafel is toegerus met 8 stoele.Die sitkamer bied gemaklike sitplek, vir ongeveer 20 mense. Daar is 'n slim-TV met DStv en sterk WiFi.
Gaste kan ņ privaat balkon, patio en 'n ruim , pragtige tuin met 2 stelle buitemeubels ( banke asook 2 tafels en 14 stoele,) n vuurput en braaigeriewe geniet. 'n Swembad is ook beskikbaar. Soms en soos per vooraf reëling, is n tweede swembad ,gimnasium m, verdere braaiputte , binnenshuise - en onderdakbraai ook beskikbaar Bykomende geriewe sluit in sonkrag ,DSTV , sterk wifi en gratis, veilige parkering op die perseel. n Tuinman (vir tuin , swembaddens en met vooraf reëling, ook vir skoonmaak van braaigeriewe ) is 2 x per week beskikbaar en huishoudsters kan op aanvraag gereël word.
Soos alombekend, is die area n natuurwonderwerk en aktiwiteite vir beide natuurliefhebbers en fiksheidsliefhebbers is volop.
Daar mag vooraf gereël word met die eienaar vir die gebruik van n motorhuis, alhoewel die omgewing baie veilig is. ( Veiligheidskameras beskikbaar)
Die eienaars is soms tuis in die huis langsaan hierdie wionhuis wanneer op vakansie en is dus baie geredelik beskikbaar vir enige raad of hulp.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbank vir 2
Bad, Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 79 Watsonia Avenue, Brenton on Sea, Knysna, 65710, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
79 Watsonia Avenue, Brenton on Sea, Knysna, 65710, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang