Brentwood Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 18 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Brentwood Lodge bied B&B én selfsorgkamers in Deneysville. Die lodge is ideaal vir sakereisigers óf vakansiegangers en is naby die Vaaldam en ander besienswaardighede geleë.

Verblyf is beskikbaar in 5 kamers in die hooflodge wat elk uniek en smaakvol ingerig is. Elke kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en een met 'n bad. Ander geriewe sluit 'n TV met plaaslike kanale (DStv in die hoofsaal vir sport), mikrogolfoond, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in. Ons 2 selfsorgeenhede het 'n goed toegeruste kombuisie en 'n oopplan-sitkamerarea.

Daar is gratis WiFi in sekere areas op die perseel. 'n Engelse ontbyt is teen ekstra koste beskikbaar. Die lodge het ook 'n swembad, gemeenskaplike sitkamer met 'n kaggel, gelisensieerde kroeg en braaigeriewe. Geen ram- of henpartytjies word toegelaat nie. Daar is veilige parkeerplek. Slegs gaste wat by die lodge bespreek het mag die geriewe gebruik. Dagbesoekers word nie toegelaat nie.

Brentwood Lodge is naby 'n hele paar kroeë en restaurante in die dorp. Let asb. op dat restaurante en die meeste besighede op 'n Sondag en openbare vakansiedag van middagetetyd af toe is. Slegs 'n paar plekke is Maandae en Dinsdae oop. Vanaf Woensdag- tot Sondag-middagetetyd is al die kroeë en restaurante oop, maar nie tot laat nie.

Doendinge in die omgewing sluit boot- en seiljagvaart, kunsvlieghengel, voëlkyk, DIe Historiese Motorfiets Museum, Grandfather's Cat, en die Deneys Krokodilplaas in. Valskermspring is ook in die omgewing beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brentwood Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R600 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af. Geldig vanaf 18 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za