LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Brighton Keep | LekkeSlaap
+24

Brighton Keep

8 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Somersetstraat 72, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Brighton Keep is 'n historiese dubbelverdieping Karoo-huis in 'n breë boomryke straat in Graaff-Reinet. Die tradisionele geelhoutvloere en hoë plafonne sal jou 'n egte Karoo-ervaring bied. Die gastehuis is gerieflik geleë en 'n kort entjie vanaf uitstekende restaurante, museums en winkels.

Verblyf is vir 2 mense in die Tuinkamer beskikbaar. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n groot skuifraamvenster met 'n uitsig oor die tuin, asook 'n tafel vir jou skootrekenaar. Verder is daar 'n en suite-badkamer en 'n deur wat toegang bied tot die braai-area en 'n ingang na die sentrale area van die huis.

Die lieflike, lugtige Eikekamer het oorgenoeg spasie vir 3 gaste. Dit word deur 1 stel trappe bereik. Die groot skuifraamvenster kyk op die balkon uit en daar is ’n koperdubbel- en enkelbed. Daar is genoeg spasie vir ’n skootrekenaar asook gemakstoele. Die badkamer word gedeel en gaste kan op die balkon ontspan en die vars lug geniet. Die balkon bied ’n uitsig oor die dorp en op die berge.

Brighton Keep is 'n groot huis en inkorporeer sy eie meubel-uitstalkamers. Die sitarea bied 'n kaggel waar jy met 'n koppie tee of filterkoffie kan ontspan. Jy kan jou ontbyt in die koffiekamer of buite op die stoep met 'n tuinuitsig geniet. Die tuin is omhein en jou troeteldiere kan daar bene rek. 'n Groot braai-area bied genoeg hout, en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 8 resensies vir Brighton Keep
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Somersetstraat 72, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Brighton Keep het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Somersetstraat 72, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNhZWUzOWEyLWIyNjUtNDM4Ny05OWFiLWQzODFjZTY5MjI3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 72 Somerset Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -32.251914980981 24.532181868717
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!