Brighton Mews Guest Suites

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Brighton Mews Guest Suites bied sakpas-, topgehalte-gesinsverblyf aan in drie privaat selfsorgeenhede en dis slegs 10 minute se ry vanaf die Port Elizabeth lughawe.

Die huisvesting bestaan uit 2 eenslaapkamereenhede, asook 1 ateljee-eenheid. Die eenslaapkamereenhede het elkeen 'n koninggrootte- of 'n koningingrootte-bed, asook 'n ekstra enkel- of driekwartbed en 'n slaapbank in die leefarea. Die eenslaapkamereenhede beskik ook elk oor 'n volledige kombuis, stoorkamer en privaat balkon. Albei eenhede bied slaapplek vir 5 mense, maar kan ook geskakel word om 'n groot tweeslaapkamereenheid te vorm met slaapplek vir 10 mense. Die ateljee-eenheid het 'n koninggrootte-bed, volledige badkamer, leefarea met 'n slaapbank, 'n groot lessenaar, 'n kombuisarea en het sonblokgordyne.

Al die eenhede is volledig toegerus en uitgerus met 'n kluis, DStv en gratis WiFi. Gemeenskaplike braaigeriewe is beskikbaar by die swembad vir inwonende gaste. Daar is veilige parkeerplek op die perseel asook 'n alarmstelsel vir gemoedsrus. Let asseblief daarop dat die eenhede vir langtermynverblyf normaalweg weekliks en nie daagliks skoongemaak word nie.

Port Elizabeth bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en is 'n gesinsvriendelike vakansiebestemming. Brighton Mews is geleë naby strande, beeldskone natuurroetes, geskiedkundige erfenis, wonderlike wild, kulturele ervarings en bied toegang tot ‘n groot verskeidenheid watersportsoorte.

Pollock Strand en die Radisson Hotel is slegs 300 m vanaf Brighton Mews, en so ook die Summerstrand Village-winkelsentrum. Hierdie instansies bied 'n verskeidenheid restaurante, koffiewinkels en ander winkels en dienste aan besoekers. Al die Somerstrandkampusse van die Nelson Mandela Universiteit is binne ‘n 2 km-radius of minder vanaf Brighton Mews. Hoërskool Pearson is minder as 50 m weg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brighton Mews Guest Suites gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R620 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false