Buffalo Chalets Marloth Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Buffalo Chalets bied selfsorgverblyf in die gewilde Marloth Park op die grens van die Krugerwildtuin naby die Krokodilbrughek. Die ligging is ideaal vir diegene wat daarvan hou om rustig te sit en kyk hoe die wild wei. Let wel, Marloth Park is in 'n malariagebied.

Buffel het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Die eerste slaapkamer gebruik die badkamer wat 'n bederfbad, stort, wasbak en 'n toilet het. Die tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor 'n slaapbank en 'n enkelbed. Hierdie kamer het sy eie badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg.

Zebra het slaapplek vir altesaam 2 gaste en beskik oor 'n ingeboude dubbelbed en 'n slaapbank. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. In hierdie chalet is daar 'n ingeboude kombuisie wat toegerus vir selfsorg met 'n yskas, tweeplaatgasstoof, 'n mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, breekware en drankiegeriewe.

Vlakvark het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 kamers. Die eerste kamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n klein, ingeboude kombuisie wat volledig toegerus is vir selfsorg. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Op die tweede verdieping is daar nog 'n slaapkamer wat met 'n seiltjie afgekamp is en 'n dubbel- en enkelbed het.

Daar is nie 'n TV, radio of internet in die eenhede nie. Lugversorging word voorafbetaal. Elke chalet het 'n braai-area en 'n plonspoel. Die plonspoel is net vol wanneer daar nie waterbeperkings in Marlothpark is nie.

Marlothpark het 2 winkels, 2 hardewarewinkels, 'n kuriowinkel, 2 drankwinkels, 'n groot kroeg en verskeie restaurante. 'n Swembad, klimraam en speelarea, wassery, roomyswinkel, vulstasie, 2 karwasserye, waterwinkel, 'n bakkery en 'n slaghuis is ook beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Buffalo Chalets Marloth Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false