Bulrivier Safaris

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bulrivier Safaris is 'n sewende generasie plaas en bied 'n tentkamp-ervaring in die Karoo. Dit is ongeveer 50 kilometer van Graaff-Reinet af geleë. Dis ideaal vir 'n paartjie of gesin wat op soek is na 'n wegbreek buite die stad.

Verblyf word gebied in 2 tente. Die Zebra-tent het slaapplek vir 2 gaste en die Kudu-tent het slaapplek vir 4 gaste. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Elke tent het aparte badkamergeriewe met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die water word deur 'n houtvuur verhit wat 'n paar minute voor stort aangesteek moet word. Die ligte in die tent is sonkrag-aangedrewe.

Daar is 'n etenstafel op elke tent se patio. Daar is 'n boma met braaigeriewe. Gaste moet asb. hulle eie kampstoele bring.

Doendinge op die plaas sluit wildritte in die Bulrivier Safari-voertuig, 'n rit na die Kalkkop-krater, piekniek op die plaas, verskeie stap- en bergfietsroetes in. Doendinge vir kinders sluit plaasdiere voer, teikenskietery, begeleide perdry en vele meer in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bulrivier Safaris gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false