Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 20 Apr 2022 tot 30 Jun 2022 gemaak.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 106 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Kuyper-straat 14, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 550R2 040 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Bush Villas on Kruger is 3 km vanaf die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek en bied pragtige grasdakvillas. Gaste kan verblyf in die ruim en unieke villas met Afrika-dekor geniet wat om 3 damme in bosagtige tuine met groot koorsbome en ander Laeveldspesies soos mopanie- en maroelabome geleë is.
Gaste kan tussen standaard en luukse huise met slaapplek vir 6 tot 10 gaste elk kies. Die huis beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n privaat terras, gastebadkamer en 'n volledige kombuis met 'n toonbank wat dit van die gerieflike sitkamer met oorgenoeg sitplek en 'n TV met DStv skei. Die kothuis se deure lei na 'n groot houtdek met gemaklike dekstoele. Bo is daar 'n groot solder met slaapplek vir 2 tot 6 gaste.
Oud en jonk sal die geriewe soos muskietnette, gratis WiFi en lugversorging geniet. 'n Heerlike ontbyt word by die etenstafel op die dek bedien of gaste kan 'n vleisie oor die kole gooi aan die einde van die dag.
Die lodge het 'n sprankelende swembad met sonstoele. Gaan wandel in die tuine en om die dam en kyk uit vir voëls wat tussen die riete wegkruip of in die groot koorsbome sit. Gaste kan op 'n vang-en-vrylaat-basis visvang.
Die kombuis is volledig toegerus om maaltye voor te berei. Daar is ook 'n supermark naby die verblyf. Phalaborwa het lieflike restaurante en gaste is welkom om vir die gasheer vir aanbevelings te vra.
Die Krugerwildtuin is net om die draai en gaste kan wildritte, riviervaarte, wandel- of bergfietsroetes of uitstappies na Hoedspruit, die Blyderivierspoort of Tzaneen en Magoebaskloof se berge geniet. Begeleide uitstappies na die Krugerwildtuin en die plaaslike gemeenskapsprojekte waar Bush Villas on Kruger betrokke is kan ook gereël word
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- De Kuyper-straat 14, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Gaste dink Bush Villas on Kruger het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Phalaborwa Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 106 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Kuyper-straat 14, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom