By Bush Telegraph Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Feb 2019 tot 31 Mrt 2019.

Beskrywing

By Bush Telegraph Lodge is gerieflik geleë, halfpad tussen Johannesburg en Tshwane/Pretoria. Dit is op die plattelandse landgoed Randjiesfontein met maklike toegang tot die hoofweë wat al die vernaamste areas en OR Tambo met mekaar skakel. Die lodge bied uitstekende verblyf en diens van 'n hoë gehalte vir die sakereisiger of oordeelkundige vakansieganger wat op soek is na absolute gemak in 'n maklik toeganklike, plattelandse omgewing.

Verblyf word aangebied in pragtig ingerigte, ruim suites met koninggrootte-beddens en luukse badkamers wat ontwerp en afgewerk is in die unieke, bekoorlike Sardiniese styl. Ontbyt is ingesluit by ons tariewe sowel as gratis WiFi, DStv, 'n gasvryheidskinkbord, veilige parkeerplek en natuurlik, superieure verblyf, gerief en gasvryheid van uitstaande gehalte.

Ontspan in ons gesellige kroeg of neem jou drankie na een van die boonste dekke vanwaar jy die uitsigte kan geniet. Indien jy wil kan jy jouself oorgee aan 'n driegang-maaltyd in ons restaurant, eetkamer, kroeg, binnehof, die dek of selfs in jou eie suite as jy dit so sou verkies. Koel af in ons enorme swembad of lê op die rand rond en bak in die sonnetjie. Neem 'n luilekker wandeling in ons parkagtige tuine of daar is selfs graspaadjies wat deur ons perde platgeloop word waar jy lekker kan gaan draf vir kilometers aaneen.

Die lodge is etlike minute weg van die Midrand Gautrein-stasie, die Gallagher Estate, Corporate Park N&S, Randjiespark en die middestad van Midrand. Ons is op 'n veilige, ommuurde 1,2 hektaar perseel in die platteland en jy kan by ons kom deur die sekuriteitshek by Randjiesfontein se ingang. Sodra jy die gronde binnegekom het sal jy oorgenoeg parkeerplek vind en jou gashere sal regstaan om jou te verwelkom.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Hongaars

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na By Bush Telegraph Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R920 R828 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Feb 2019 tot 31 Mrt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za