Muizenberg Akkommodasie by Cape Capsules Backpackers | LekkeSlaap
+44

Cape Capsules Backpackers

Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Royalweg 43 , Muizenberg, Kaapstad, 7966, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R640 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Cape Capsules Backpackers bied luukse rugsakreisigersverblyf wat ideaal is vir jong volwassenes en buitelanders. Dis in Muizenberg geleë, net 'n entjie van die strand af.

Verblyf word in slaapsale gebied. Daar is Premier- en Deluxe-slaapareas wat kan sluit. Elke slaaparea het kragproppe en anti-allergiese linne en kussings. Haardroërs en haartange is beskikbaar. Daar is 8 kluise met slotte op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis.

Daar is ook 2 gemeenskaplike badkamers met storte, toilette en wasbakke. Elke badkamer het komplimentêre sjampoe, opknapper, handewasseep en toiletpapier.

Die gemeenskaplike kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, broodroosters, kookgerei, eetgerei en breekware. Tee- en koffiemaakgeriewe is ook beskikbaar.

Daar is 'n kuierarea voor die blyplek met 'n tafel, stoele, veerpyltjiebord, pool-tafel en bibliotekie. Daar is ook 'n agterstoep met braaigeriewe, hangmatte en sitplek. WiFi is beskikbaar.

Verder is daar ook 'n kiosk waar noodsaaklike items, soos pynpille, skeermesse, tandeborsels, tandepasta, water en koeldrank aangeskaf kan word.

'n Kontinentale ontbyt en wasgoeddiens is teen 'n ekstra koste beskikbaar. 'n Pendeldiens en toerpakkette kan op versoek gereël word. Daar is ook 'n strykyster en strykplank.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • Royalweg 43 , Muizenberg, Kaapstad, 7966, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R640
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R640
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Royalweg 43 , Muizenberg, Kaapstad, 7966, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0yKn0YgVJQd4Bigao6H0mFyp4Gw2OGtJWwoNZ94zV2WJi17c63?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R640  per nag (vir 2 persone) 43 Royal Road Muizenberg 7966 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.103488849147 18.47686304051
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za