LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Carter's Lodge | LekkeSlaap
+24

Carter's Lodge

Lodge
Naweekaanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Feb 2020 tot 31 Okt 2020.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Armstrong-laan 54, La Lucia, 4051, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 R935 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Carter's Lodge is gerieflik net 800 m van die strand af oorkant La Lucia Winkelsentrum, Virgin Active-gimnasium, Gateway en Umhlanga- en La Lucia Ridge Kantoorblokke. Dit is ideaal vir sakelui én vakansiegangers. Sit met 'n skemerkelkie op die stoep of koel af in ons sprankelende rotsswembad.

Die dekor skep 'n warm en knus atmosfeer sodat jy sommer dadelik bederf sal voel en sal lus wees om in die weelderige bed op te krul om weggevoer te word na droomland. Die wit perkallinne, gehalte handdoeke wat daagliks geruil word en klein ekstratjies dra alles by tot 'n onvergeetlike verblyf, soos 'n glas sjerrie om jou te verwelkom.

Elke slaapkamer het lugversorging, 'n en suite-badkamer en sy eie ingang vanaf die tuin. Daar is 'n platskerm-TV met M-Net en DStv, tee- en koffiemaakgeriewe, yskassie, haardroër, kluis en plafonwaaier. Ons bied 'n volledige Kontinentale ontbyt met ontbytgraan, jogurt, neute, vars vrugte en vrugtesap, tuisgebakte kolwyntjies en brode, asook 'n warm Engelse ontbyt. Daar is veilige parkeerplek op die perseel en elke kamer beskik oor sekuriteit. Ons aanvaar al die vernaamste kredietkaarte.

Durban se middedorp, Sun Coast- en Sibaya Casino, die Internasionale Konferensiesentrum, sportstadions en uShaka Marine World is net 10 minute se ry ver. Sewe puik gholfbane is minder as 15 minute se ry van ons af. Ander doendinge in die omgewing: lyfplankry, branderplankry, vlieërbranderry, dolfynkyk, mikrovliegtuig-vlugte, valskermspring, skubaduik, diepseehengel, perdry langs die strand, krokodilplaas en meer!

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 34 resensies vir Carter's Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Armstrong-laan 54, La Lucia, 4051, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Carter's Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 100
Vanaf R935
per nag (vir 2 persone)
was R1 100
Vanaf R935
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Armstrong-laan 54, La Lucia, 4051, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ1ZjFhYjA1LWI4ZDMtNDdlMC04NGVjLTZkNGU2NGFmNjgwMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 100, nou Vanaf R935  per nag (vir 2 persone) 34 5 1 5 54 Armstrong Avenue La Lucia 4051 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 11:00 -29.755673600057 31.064636707306
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!