Chapman Hotel & Conference Centre

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chapman Hotel & Conference Centre is op Brookes Hill geleë, tussen King's Beach en Hobie Beach, die wêreldbekende watersport-hoofstad. Dié hotel bied die reisiger 'n kombinasie van gerieflike verblyf en wêreldklas-kookkuns wat aan luilekker dae herinner.

Die verblyf bestaan uit 12 koningingrootte-kamers. 10 2-enkelbedkamers en 1 gesinskamer wat almal 'n en suite-badkamer het. Al dié kamers is goed ingerig en het panoramiese see-uitsigte. Die kamers op die boonste verdieping lei na 'n patio buite en die kamers op die onderste verdieping lei na die tuin.

Die Chapman het sy eie konferensiesentrum en die hotel spog ook met een van Suid-Afrika se beste à la carte-seekosrestaurante, Blackbeards. Vakansiegangers kan gerus langs die swembad ontspan, braai of die besienswaardighede in die omgewing besoek.

Tydens jou verblyf by Chapman Hotel & Conference Centre sal al jou sintuie geïnspireer wees deur die klanke en geure van die Indiese Oseaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chapman Hotel & Conference Centre gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za