Charlie's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Charlie's Place is 'n ruim en gerieflike selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel. Die woonstel het sy eie ingang. Die perseel is naby verskeie winkles en restaurante en is net 2,7 km vanaf Blouberg se strandfront wat bekend is vir vlieërbrandderry en watersporte. Die wynlande en middestad van Kaapstad is ook net 'n entjie weg.

Charlie's Place het slaapplek vir 2 gaste en het 'n oopplan-uitleg. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en 'n groot kas. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n groot yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof, oond, ketel, broodrooster, kookgerei, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n sitarea met 'n waaier en 'n platskerm-TV met satelliet-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n privaat stoep met 'n tafel en stoele, 'n sambreel en 'n draagbare braai. Veilige en privaat parkeerplek op die perseel is vir 2 motors direk voor die woonstel beskikbaar.

Gaste het toegang tot die swembadarea met sambrele en skadu, stoele, 'n sonstoel en braaigeriewe. Gaste het ook toegang tot 'n wasmasjien en wasarea met 'n wasgoedlyn. 'n Weeklikse skoonmaakdiens kan op versoek gereël word.

Slaapplek

'n Bespreking by Charlie's Place sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Ekstra enkelmatras

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Charlie's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 R621 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za