LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Cheerio Trout Fishing Holiday Resort | LekkeSlaap
+50

Cheerio Trout Fishing Holiday Resort

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cheerio Plaas, L4.1-pad, Langs die R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cheerio Trout Fishing Holiday Resort bied lieflike selfsorgverblyf in Magoebaskloof. Gaste kan in die foreldamme op die perseel en by The Letaba visvang.

Die selfsorg-chalets huisves 2, 4 en 6 gaste. Al die nodige geriewe is beskikbaar en die chalets word daagliks skoongemaak. Gaste kan die kalmte van die berge in 'n privaat verblyfplek tussen pragtige bome, struike en blomme geniet. Dit is die ideale oornagplek vir reisigers wat op pad is na die Krugerwildtuin en ander privaat wildparke.

Daar is 'n dam vir forel-visvang op die eiendom. Gaste word moet asb. hul eie kunsvlieghengelstokke saambring.

'n Swembad is ook beskikbaar. Ander doendinge soos stap en bergfietsry in die tuine en woude is ook beskikbaar.

Ander besienswaardighede soos die Ebenezer-, Magoebaskloof-, Tzaneen- en Dap Naude-dam, die Debengeni-waterval en Woodbush en Agatha Nasionale Woude is ook maklik bereikbaar van Cheerio af. Gaste moet definitief ook nie 'n besoek aan die Reënkoningin by Modjadjikloof en die broodboom-, varingwoude en die Reuse Boabab misloop nie. Gholf-entoesiaste hoef nie eers 'n uur agter die stuur deur te bring om by Tzaneen en Polokwane Buitelugklub se gholfbane uit te kom nie. Vir avontuurlustiges is daar die Wolkberge, staproetes, en avontuuraktiwiteite soos vierwielmotorfietsry, kloofklim, binnebandry, abseiling en "paintball" by ons vennote in die omliggende berge.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 41 resensies vir Cheerio Trout Fishing Holiday Resort
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Cheerio Plaas, L4.1-pad, Langs die R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Cheerio Trout Fishing Holiday Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cheerio Plaas, L4.1-pad, Langs die R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA2NDViNjg0LTBlOGQtNGIyMS04N2UxLTcyOTZmM2QzNzIzMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (plek vir 2) 41 5 1 5 Cheerio Farm, L4.1 Road off R71 National Road 0730 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -23.896428283165 29.953006988692
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!