Chinaka Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chinaka Game Lodge is 'n privaat, afgeleë en bekostigbare lodge in die hartjie van die Bosveld in Limpopo. Dié lodge is naby Vivo en Alldays, net 3,5 uur se ry vanaf Pretoria en op pad na die Mapungubwe Wêrelderfenisgebied.

Ons het 7 privaat chalets, elkeen met 'n en suite-stort, lugversorging en 'n kluis. Die lodge het verder 3 selfsorgeenhede.

Die lodge het ook 'n kombuis vir spyseniering of selfsorg, 'n gemeenskaplike TV-area, 'n kroeg, boma met braaigeriewe, 'n skitterende swembad, en WiFi-toegang.

Verder is daar 'n dek met 'n uitsig oor die watergat waar jy rustig kan kyk hoe die wild en voëls kom drink. Wildritte is ook beskikbaar - wees op die uitkyk vir kameelperde, sebras, koedoes, elande, luiperds, jagluiperds, gemsbokke, en njalas, om maar 'n paar te noem. Vir gaste met 'n bietjie energie is daar ook wildwandelinge en -staproetes wat afgesluit word met skemerkelkies.

Chinaka is ideaal vir klein geleenthede (5 tot 50 gaste). Ons help jou graag om jou konferensie, vergadering, werkswinkel, skoolfunksie, bruidstee, godsdienstige funksie of spanbousessie te reël.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Konferensie geriewe

  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chinaka Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]