LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Clarens Grand Villa | LekkeSlaap
+31

Clarens Grand Villa

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stand 819 Clarens Mountain Estate , Hoek van Mount Horeb en Sentinel-weg, Clarens , 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 456 per nag (vir 12 persone)

Beskrywing

Clarens Grand Villa bied stil en rustige verblyf in die veilige Clarens Mountain Estate, omring deur ’n 360°-berguitsig. Die landgoed is tussen die prentjiemooi Malutiberge en kyk oor die sonderlinge, kunstige dorpie in die verte uit. Clarens sal in gaste se harte kruip en maak dat hulle keer op keer wil terugkeer.

Die pragtige dorpie Clarens het so baie te bied! Daar is talle voetslaanpaaie, selfs vanaf die landgoed. Gaste kan in die buurlandgoed gaan gholfspeel, gaan bergfietsry, of wildkyk in die landgoed en by die Golden Gate Nasionale Park. Daar is ook adrenalien-sportsoorte en lugballonvlugte. Die dorpie self het deli's, kuriowinkels, galerye, markies, 'n brouery, topklas-restaurante, 'n plek waar jy kan sjokolade proe, en feeste.

Die huis bied slaapplek aan 8 tot 12 volwassenes en is toegerus vir selfsorg. Die kamers is in identiese styl versier, maar het steeds ’n individuele element, en elkeen is ruim en groot. Elke kamer het ’n koninggrootte-bed en ’n dubbelslaapbank van hoë gehalte wat ideaal is vir kinders wat die kamer met hul ouers deel, of vriende wat ’n kamer deel. Die huis het ondervloerse verhitting in die kamers asook lugversorging. Al die kamers het elektriese komberse, oorgenoeg kasruimte, ’n spieëltafel met ’n haardroër, asook 'n TV en ’n kluis. Elke kamer beskik oor ’n spabad, dubbelstorte en -wasbakke. Daar is 2 kamers wat skuifdeure het wat na balkonne met pragtige uitsigte oor Clarens lei, en die ander 2 lei na ’n omheinde, welige groen tuin omring met berge.

Die huis het ’n volledig toegeruste oopplan-kombuis met ’n gasstoof en oond, luukse koffiemasjien (koffiebone word voorsien), dubbelyskas met gefiltreerde water en ys, en oorgenoeg eetgerei en breekware. Speserye en skoonmaakmiddels word voorsien. Daar is addisionele yskassies vir drank in die kroegarea.

Die Villa het 'n opwasarea met 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser en volledige DStv met "extra view" is in die onderdakbraai-area beskikbaar. Verskeie areas om te eet en ontspan is binne en buite op die onderdakstoep beskikbaar. Die villa het ’n knus kaggel binne en hout is beskikbaar met aankoms. Daar is ’n pragtige swembad op die dek met 'n net vir veiligheid.

Gaste het toegang tot die hele huis en 'n skoonmaakdiens is ingesluit. Daar is veilige parkeerplek in 'n motorhuis met afstandbeheer, asook oorgenoeg parkeerplek in die oprit. Die landgoed beskik oor 24 uur-sekuriteit.

Slaapplek

’n Bespreking by Clarens Grand Villa sluit in:

Koninggrootte-bed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Koninggrootte-bed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Koninggrootte-bed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Koninggrootte-bed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Clarens Grand Villa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Stand 819 Clarens Mountain Estate , Hoek van Mount Horeb en Sentinel-weg, Clarens , 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Clarens Grand Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 456
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R5 456
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stand 819 Clarens Mountain Estate , Hoek van Mount Horeb en Sentinel-weg, Clarens , 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAk9KJyQh93bkr5scuHI3wwWDk12Y7PxDt19iFCVgOItloZG5R29?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 456  per nag (vir 12 persone) 3 5 1 5 Stand 819 Clarens Mountain View Estate Corner of Mount Horeb and Sentinel Road 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -28.50743249944 28.437516
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!