Colonial Sands 403

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Colonial Sands 403 is 'n selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in Margate. Dié kompleks is lekker naby Margate se hoofstrand.

Dié woonstel is op die derde verdieping en bied slaapplek aan 8 gaste. Dit beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met ’n stort en die tweede, derde en vierde kamers het elk 2 enkelbeddens. Dié 3 kamers deel die tweede badkamer wat ook ’n stort het.

Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, en 'n tuimeldroër. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Onthou asb. om jou eie slimkaart, kabels, en dekodeerder te bring as jy DStv wil kyk.

Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met 'n skilderagtige uitsig oor die see. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, hysbak en veilige onderdakparkeerplek.

Die kompleks is 2 km vanaf die Hibiscus Mall, verskeie restaurante, winkels en ander geriewe in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Colonial Sands 403 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Colonial Sands 403 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 210 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false