Contractors Lodge Accommodation
Kry 20% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 84 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dr Nelson Mandela-rylaan 18, Lichtenburg, 2740, Noordwes
-
Vanaf
R900R720 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Contractors Lodge Accommodation bied gerieflike selfsorgverblyf in Lichtenburg.
Daar is verskeie eenhede wat slaapplek aan 3 tot 8 gaste bied. Die eenhede het tussen 1 tot 3 slaapkamers wat enkelbeddens het en elke eenheid het 'n privaat badkamer met 'n stort of bad.
Die eenhede het elk 'n kombuis wat toegerus is vir selfsorg. Ontbyt-, middagete- en aandete-pakkies kan op versoek gereël word, of etes kan in die gerieflike ontspanningsarea van die Lodge genuttig word . Elke eenheid het 'n privaat sitarea met 'n TV wat sekere DStv-kanale het. Wasgoeddienste en gratis WiFi is beskikbaar.
Die lodge het 'n swembad en gazebo met braaigeriewe waar gaste lekker kan ontspan langs die vuur, sowel as 'n groot sitkamer met 'n grootskerm-TV en 'n uitsig oor die swembad. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Dit sluit busse en sleepwaens in.
Contractor Lodge Accommodation is 700 m vanaf verskeie winkels en restaurante in die middedorp.
Hierdie akkommodasie is ideaal vir groot groepe op 'n langtermyn-basis. Daar is 28 beddens in totaal met ruim ontspanningsgeriewe. Die geriewe van Melville Gastehuis op dieselfde perseel is ook beskikbaar vir Lodge-gaste.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Jannie Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 26
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Dr Nelson Mandela-rylaan 18, Lichtenburg, 2740, Noordwes
- Gaste dink Contractors Lodge Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lichtenburg Noordwes
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 84 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dr Nelson Mandela-rylaan 18, Lichtenburg, 2740, Noordwes