Copperleigh Trout Cottages
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Copperleigh Plaas, Beverley 2047 Erfdeel 10, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R900R810 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Copperleigh Trout Cottage bied verblyf in pragtige selfsorg-kothuise met 'n uitsig oor die water van die 10 ha-Maveladam vol forel. Gaste het gratis toegang tot dié dam. Die kothuise is op 'n skaap- en beesplaas in die prentjiemooi Dargle, naby die gewilde Midlands Meander van KwaZulu-Natal geleë.
Verblyf word in 2 selfsorg-kothuise aangebied, Copperleigh Trout Kothuis met slaapplek vir 'n gesin en Copperleigh Trout Houthuis wat 'n romantiese kothuis is.
Copperleigh Trout Kothuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Daar is koningingrootte-beddens in 2 van die slaapkamers en 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed vir kinders in die derde slaapkamer. Daar is 2 badkamers met storte en toilette. Ander geriewe sluit 'n kombuis, oopplan-sitarea en -eetarea en 'n gastetoilet op die onderste verdieping in. Die eenheid het 'n dubbelmotorhuis. Hout word daagliks vir die kaggel en vuurput buite voorsien en DStv Premium-kanale en WiFi is ingesluit.
Copperleigh Trout Houthuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n elektriese kombers. Die deure in die slaapkamer lei na 'n houtstoep met 'n uitsig oor die dam. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet, wasbak, verhitte handdoekrelings en gratis seep en sjampoe. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg. Die oopplan-sitarea het 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler en 'n versameling flieks.
Daar is 'n kragopwekker op die perseel vir wanneer die krag afgaan, en Vodacom- en MTN-selfsoonsein. Gaste kan 'n visstok huur. Roeispane en 'n paar reddingsbaadjies kan voorsien word, maar gaste moet verkieslik hul eie saambring aangesien die instansie beperkte groottes het. Aangesien dit 'n werkende plaas is is troeteldiere nie welkom nie.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Copperleigh Plaas, Beverley 2047 Erfdeel 10, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Copperleigh Trout Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Copperleigh Plaas, Beverley 2047 Erfdeel 10, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom