Coral Dreams & Sea-side Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 13 Jan 2020 tot 31 Jan 2020.

Beskrywing

Coral Dreams & Seaside Spa Apartment skuil in die lowerryke Salt Rock, net 150 van die hoofstrand af. Luister na die see net 150 m van die veranda af.

Verblyf word in 2 individuele eenhede gebied. Elke eenheid het 'n privaat stoep met 'n braai en 'n Jacuzzi met 4 sitplekke. Al die nodige beddegoed en handdoeke, behalwe strandhanddoeke, word voorsien en 'n skoonmaakdiens is beskikbaar teen 'n ekstra koste. Albei eenhede het toesluitmotorhuise en 'n privaat ingang. Dit is ideaal vir 'n groot groep, maar die eenhede kan ook apart bespreek word.

Die idilliese Coral Dreams-slaapkamer is baie modern, ruim, en elegant versier en spog met lugversorging, 'n puik koningingrootte-bed en groot kaste. Die woonstel het ook 'n TV met sekere DStv-kanale. Die badkamer het eksotiese dekor en 'n stort, stylvolle hoekbad, en aparte toilet. Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus en het 'n 'n ontbythoekie wat ook kan dien as 'n kroeg met luisterryke uitsigte oor die see en vallei. Die stoep het 'n braai.

Sea-side Spa Apartment is ten volle toegerus vir 4 gaste en het sy eie Jacuzzi op 'n stoep waar mens die branders kan hoor. Die hoofslaapkamer is elegant versier en het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en groot ingeboude kaste. Die tweede slaapkamer het ook lugversorging, kaste en 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n groot, stylvolle hoekbad en 'n aparte toilet. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die oopplan-eetarea en ten volle toegeruste kombuis het 'n mikrogolf en'n groot yskas-vrieskas. Twee deure lei na die groot stoep met 'n gedeeltelike uitsig oor die see, 'n 4-sitplek-spa en braai waar gaste kan ontspan. Die eenheid spog ook met 'n groot, privaat buitestort met warm en koue water.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Coral Dreams & Sea-side Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R935 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af. Geldig vanaf 13 Jan 2020 tot 31 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za