Cosmo Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cosmo Lodge is 'n sakpas-gastehuis wat hartlike gasvryheid, persoonlike diens en 'n gesellige atmosfeer aan alle internasionale reisigers, sakereisigers en vakansiegangers bied.

Al die kamers in die lodge het keramiekvloere en is uniek versier dat dit snoesig maar sonder tierlantyntjies is. Elke kamer het 'n dubbelbed met skoon, wit linne, 'n en suite-badkamer, lugversorging, 'n TV en 'n haardroër.

Ontbyt word in ons sonnige eetkamer bedien. Aandete kan in die kamer bedien word, mits dit vooraf gereël word.

Gaste kan in die gerieflike TV-sitkamer ontspan of 'n drankie by die kroeg geniet. 'n Wasgoeddiens is op versoek beskikbaar. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien. Die lodge het ook 'n noodkragopwekker, so beurtkrag sal ons gaste nie pla nie.

Cosmo Lodge is 19,2 km van Lanseria Internasionale Lughawe af en minder as 10 km van The Dome by Northgate af. Dit is ook naby die Fourways Mall, Monte Casino, Cabanga Konferensiesentrum, Clearwater Mall, die leeupark en Crocodile World af.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cosmo Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R715 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za