Country Village

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Country Village is net die plek vir jou om jou batterye te herlaai na 'n lang reis en net te ontspan. Dit is ideaal geleë om 'n gerieflike oornagplek te wees of 'n blyplek vir 'n kort vakansie na aan al die besienswaardighede, skole, koffiewinkels en restaurante in Graaff-Reinet.

Ons het 5 selfsorgkothuise. Daar is verskeie opsies beskikbaar van knus kothuise met slaapplek vir 2 mense tot kothuise met slaapplek vir 4 - 6 mense. Almal is en suite, word daagliks skoongemaak en is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas en 'n TV.

Braaigeriewe is voorsien vir diegene wat daarvan hou om langs die vuur te ontspan onder die grootse naghemel van die Karoo. Ons personeel is altyd bereid om gaste by te staan sodat jou verblyf so gerieflik moontlik is. Ons sal ook inligting oor doendinge en besienswaardighede in die dorp voorsien.

Country Village is gerieflik in die middel van Graaff-Reinet geleë en dis binne maklike stapafstand van die winkels en museums af. En dis 2 minute se ry van die natuurreservaat af. By Country Village verwelkom ons nie net paartjies en gesinne nie, ons akkommodeer ook klein en groot toergroepe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Country Village gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false