Cradle Rusplekkie
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: David-weg 54B, Oaktree AH, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R650 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Cradle Rusplekkie is op 'n bekoorlike kleinhoewe in die buitewyke van Krugersdorp naby die Wieg van die Mensdom geleë. Die plot is naby verskeie trou-venues, spa-geriewe, die Silverstar Casino en Lanseria Lughawe.
Kiewiet is 'n gaste-suite met slaapplek vir 2 en word via 'n trap bereik. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed en gehaltelinne, 'n waaier, koffie- en teemaakgeriewe en 'n verwarmer word voorsien. Die en suite-badkamer het 'n stort. Die eenheid bied toegang tot 'n dek met 'n lieflike uitsig oor die eiendom. Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel.
Loerie is 'n selfsorgwoonstel en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die oopplan-kombuis en -sitarea het 'n dubbelslaapbank. Die kombuis het 'n groot yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir gaste se voertuie.
Naguil is 'n selfsorgwoonstel en beskik oor twee slaapkamers. Een slaapkamer met 'n dubbelbed en een slaapkamer met twee enkelbeddens. Die oopplan-kombuis en -sitarea het 'n stapelbed vir twee persone. Die kombuis het 'n groot yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir gaste se voertuie.
Gaste kan ook doendinge soos swem, knortjor-ry, perderitte, pieknieks, warmlugballonritte, voetslaan- en fietsryroetes en hengel in die omtrek geniet en daar is besienswaardighede soos die Wieg van die Mensdom Wêrelderfenisgebied, natuurreservate en geskiedkundige besienswaardighede in die omtrek.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- David-weg 54B, Oaktree AH, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Gaste dink Cradle Rusplekkie het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: David-weg 54B, Oaktree AH, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom