Crystal Waters

Voeg by Gunstelinge

 

Naweekaanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Nov 2019 tot 11 Nov 2019.

Beskrywing

Crystal Waters bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n rivierfronthuis met lieflike uitsigte vanuit amper elke kamer. Dié vierslaapkamerhuis is 6,6 km van St. Francisbaai op 'n veilige landgoed. Die huis is net ver genoeg van die gewoel van die kusdorpie, maar tog na genoeg om iets te gaan koop indien nodig.

Die huis het 4 slaapkamers, 'n solderkamer, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamer het elk 'n dubbel- en enkelbed. Die solderkamer het 2 enkelbeddens. Die huis en 'n bad en stort.

Om te verseker dat gaste heel jaar deur kan braai, is daar 'n binne- en buitebraai asook 'n pizza-oond. Die kombuis is oopplan met die leefarea en daar 'n opwaskamer wat netjies weggesteek is. Die kombuis het 'n toonbank, yskas, oond en stoof, en 'n mikrogolf. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Ontspan op die dek wat 'n uitsig oor die rivier het met 'n boek of speel speletjies in die speletjieskamer wat 'n snoeker- en tafeltennistafel en legkaarte het.

Die jetty en skeepspoor is net 180 m van die huis af vir diegene wat mal is oor watersport en visvang. Privaat ankerplek is beskikbaar so bring jou boot en geniet als wat die Kromrivier het om te bied. Die rivier is ideaal vir kanovaart en staanroei en daar is 'n kano by die huis wat gaste mag gebruik.

St. Francisbaai het 2 gholfbane in die dorp en mooi strande waar gaste kan swem en branderplankry. Daar is verskeie restaurante van Port St. Francis na St. Francisbaai.

Slaapplek

'n Bespreking by Crystal Waters sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Crystal Waters gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 R2 100 per nag (plek vir 10)

Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Nov 2019 tot 11 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za