Cycas Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cycas Gastehuis is in 'n stil area van Malelane, 7 km van die Malelane-hek (Nasionale Krugerwildtuin), 50 km van Mosambiek (Lebombogrens), 45 km van Swaziland (Jeppes Reef) af geleë. Dit is 'n gerieflike oorslaapplek as jy die volgende oggend oor die grens moet gaan. Dit is 100 km van die panoramiese roete van Blyderivierpoort en Pelgrimsrus. Dit is die ideale basis vanwaar mens die Nasionale Krugerwildtuin en die fantastiese natuurtonele wat die Laeveld bied, kan ontdek.

Daar is 2 gholfbane binne 6 km van die gastehuis af, winkelsentrums en restaurante waar jy uitstekende maaltye kan geniet. Die gastehuis is in 'n stil area geleë met 6 gemeubileerde dubbelkamers, volledige en suite-badkamers, yskassie, lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, private ingange, linne, handdoeke en seep. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Bykomende geriewe by die gastehuis sluit veilige parkeerplek, braaigeriewe en 'n pragtige swembad in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cycas Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false