10 gaste
4 slaapkamers
6 beds
3 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 81 Svea Avenue, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Destiny4u Retreat is 'n ruim vakansiehuis met slaapplek vir 10 gaste in Uvongo, Margate. Dié selfsorgverblyf is ideaal vir 'n groep vriende of familie en beskik oor 4 slaapkamers.
Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort en 'n toilet, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 3 badkamers wat elk óf 'n bad óf 'n stort het.
Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die huis beskik oor 'n sitarea met 'n TV met die volle DStv-pakket en WiFi, 'n binnebraai- en kuierarea, 'n groot stoep en 'n privaat swembad met 'n veiligheidsnet. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Elke kamer en die stoep spog met 'n pragtige see-uitsig.
Gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Hierdie verblyf het 'n omsetter en gaste kan die TV en WiFi tydens kragonderbrekings gebruik. Elke slaapkamer het herlaaibare ligte. Indien enige wateronderbrekings ervaar word, word water deur watertenks voorsien.
Hierdie vakansiehuis het 'n uitstekende ligging en is naby verskeie Blouvlagstrande, dit is net 1,4 km vanaf Manaba-strand, 1,5 km vanaf Uvongo se hoofstrand en 2,7 km vanaf Margate se hoofstrand. Gaste kan ook 'n eenvoudige wandeling van 123 meter na 'n klein nabygeleë strand met rotspoele geniet.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Tina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 81 Svea Avenue, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Destiny4u Retreat het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
81 Svea Avenue, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang