Die Anker Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Anker Guest House is 'n gerieflike gastehuis in Doringbaai wat gaste nooi om 'n outentieke Weskus-ervaring te hê en te ontspan terwyl hulle oor die see tuur. Doringbaai is 'n skilderagtige dorpie wat ideaal is vir mense wat van die gejaagde lewe wil ontsnap.

Die Anker Guest House bied verblyf in kamers met see-uitsigte en in selfsorg-eenhede. Geriewe in die kamers sluit tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, muurverwarmer, kluisie en 'n TV met plaaslike kanale en sekere DStv-kanale in. Die gastehuis is troeteldiervriendelik.

Daar is braaigeriewe op die perseel en bygeregte kan by die restaurant op die perseel bestel word. WiFi is gratis, maar die sein is die beste in die kroeg en restaurant.

Die Cabin Restaurant is al meer as 30 jaar aan die gang. Dit spesialiseer in seekos, maar bied ook ontbyt, ribbetjies, sappige steaks en ander heerlike, tuisgemaakte maaltye. The Cabin Pub is 'n volledig gelisensieerde kroeg met 'n grootskerm-TV en verskeie drankies en plaaslike wyne.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Anker Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za