LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Die Ou Pastorie | LekkeSlaap
+28

Die Ou Pastorie

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heynsstraat 32, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R690 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Die Ou Pastorie bied verblyf in 'n opgeknapte, bekoorlike sandsteengebou in die tuin van die ou pastorie van die NG Kerk in Fouriesburg in die Vrystaat. In vervloë dae was die kothuis destyds die stalle vir die predikant se perde.

Die Ou Stal is 'n oopplan-kothuis en is ideaal vir 'n paartjie met 2 klein kinders en dit het 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer, 2 enkelbeddens in die leefarea, 'n toegeruste kombuisie en 'n stortkamer. 'n TV met plaaslike kanale word voorsien. Gaste kan gerus gebruik maak van die groot tuin met braaigeriewe en buitesitplek.

Net oorkant die grasperk van Die Stal is die Stoepkamer. Dit is 'n gerieflike kamer met 'n koningingrootte-bed. Die Stoepkamer was eens 'n kantoor vir die dominee van die NG Kerk. Dit het 'n aparte ingang op die veranda wat reg rondom die huisie loop en berguitsigte bied. Die eenheid het ook 'n en suite-stort, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas. Gaste het toegang tot die braai-area buite. Elektriese komberse en verwarmers word voorsien. Daar is 'n TV met die volle DStv-pakket. Let wel dat dit nie selfsorg is nie.

Die Voorkamer is die derde eenheid en is in die hoofhuis. Dit het ’n aparte ingang, ’n veranda en ’n vol badkamer. Daar is ’n tussenkamer vir 1 of 2 kinders of familielede. Dit is 'n tradisionele kamer met hoë plafonne. Daar is nie 'n kombuisnie maar wel ’n yskas, mikrogolfoond, ketel en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Ou Pastorie is net 'n kort entjie se stap van die dorp af, waar daar restaurante en kroeë is. Die Lesotho-grens is net 10 minute se ry ver en die dorpie Ficksburg is net 48 km ver en dis die tuiste van die jaarlikse kersiefees wat gehou word in November. Die kersiefees is die fees wat al die langste aan die gang is in Suid-Afrika. Meiringskloof Natuurpark is na aan ons en daar kan jy perdry, swem, voetslaan, bergfietsry, vierwielmotorfietsry en fietsry. Die dorpie Fouriesburg word omring deur die Maluti-berge en is 'n tipiese Oos-Vrystaatse dorpie met sy golwende heuwels en wyd oop vlaktes. Dit is net 'n paar kilometer van die bekoorlike dorpie Clarens af, net buite die Golden Gate Nasionale Park.

Neem asb. kennis dat Fouriesburg probleme ervaar met water-toevoer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 118 resensies vir Die Ou Pastorie
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Heynsstraat 32, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Die Ou Pastorie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heynsstraat 32, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhiNzlkY2UyLTc5YTktNGJmNS04MWIyLTM5MGFmZDE5MTU0OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R690  per nag (plek vir 2) 118 5 1 5 32 Heyns Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 086 999 0018 11:00-19:00 10:00 -28.620136948549 28.209548592567
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!