LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+14

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Petrus L
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Apr 2026

10/10, baie lekker. Vanaf die eerste kommunikasie met die eienaars het ek volle vertroue gehad dat ons sou lekker bly. Hulle was meer as gewillig om ons te akkommodeer en het die ekstra myl geloop om seker te maak dat ons tyd daar goed sal verloop. Maar, dit het nie net goed verloop nie, dit het ons verwagtinge oortref. Die huis is meer ruim as wat die fotos voorgee en die kombuis het al die fasiliteite wat jy ooit sal nodig hê vir 'n lekker verblyf, en nog vele meer. Die huis is 'n katspoeg van die strand af, en mens kan sien die area is veilig met al die mense wat soggens draf en fietsry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gary Z
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2026

Excellent. Very relaxing and the house had a very homely feel that was great.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerda C
Lang verblyf ⋅ Gesin met tieners
5.0
Jan 2026

Alles was netjies en skoon. Sal beslis weer gaan. Die skulphuis het al ons verwagtinge oortref!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willem B
Kort verblyf
3.2
Sep 2026

Nie aan te beveel nie. 1. Toiletdeksel gekraak en met gom gelas. 2. Stort lek. 3. Afstandbeheer van hek werk nie altyd nie. 4. Geen WiFi nie. 5. Alhoewel ons nie om 10:00 perseel verlaat het nie weens onvoorsiene omstandighede (wel op 10:25), is ons uitgeboender op onaangename manier.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Carin
Die Skulphuis
Dagsê Willem, Dit is vir ons werklik jammer om hierdie resensie te lees, veral nadat jy Vrydag nog aan ons geskryf het dat dit “regtig ‘n vreugde is om hier te kan ontspan. Baie dankie”. Ons wil tog graag ’n paar feite ter wille van duidelikheid in perspektief plaas. Ek het reeds 8 dae voor julle aankoms, in my persoonlike boodskap wat die oorspronklike kwotasie vergesel het, verduidelik dat ons normaalweg baie buigsaam is met uitkloktye. Ek het egter spesifiek versoek dat julle in hierdie geval streng by die voorgeskrewe uitkloktyd hou, aangesien ons reeds ’n bevestigde bespreking gehad het met nuwe gaste wat om 14:00 sou arriveer. Hierdie versoek is (soos jy weet en op skrif het) uitdruklik as ’n voorwaarde vir die kwotasie gestel, nog voordat julle die bespreking aanvaar het. Ek het in fact gevra dat julle tussen 9-10vm moet uitcheck asb. Die uitkloktyd van 10:00 word ook duidelik op ons gaste-inligtingstuk op Lekkerslaap aangedui. Toe ons ná 10:00 sien dat alles steeds stil en toe was, het ons julle om 10:02 geskakel, daarna ‘n uiters respekvolle whatsap gestuur, en toe weer om 10:08 telefonies probeer kontak maak. Eers nadat ons geen antwoord ontvang het nie, het ons geroep om julle aandag te kry. Ons kon uiteindelik 10:30 toegang kry om vir ons volgende gaste voor te berei. Dit was geensins ons bedoeling om julle te laat voel dat julle “uitgeboender” word nie. Ons moes bloot die vooraf gekommunikeerde uitklokreëling nakom om voldoende tyd vir die skoonmaak en voorbereiding van die huis vir ons volgende gaste te verseker. Wat ons veral jammer vind, is dat hierdie onaangename situasie waarskynlik met ’n eenvoudige gesprek voorkom kon word. Indien julle ons vooraf van die onvoorsiene omstandighede of die behoefte aan ’n later vertrek in kennis gestel het, sou ons graag probeer het om julle tegemoet te kom, soos ons normaalweg met ons gaste doen. Wat die ander punte betref: Ons vra opreg om verskoning vir die beskadigde toiletdeksel en sal daaraan aandag gee. Ons sal ook die stort ondersoek. Die probleem met die hek se afstandbeheer sou ons graag onmiddellik reggestel het indien dit tydens julle verblyf onder ons aandag gebring is. Die afwesigheid van WiFi word wel duidelik op ons advertensie aangedui. Ons doen werklik moeite om aan elke gas ’n rustige, aangename en ontspanne verblyf te bied. Daarom is dit vir ons teleurstellend dat ’n situasie wat waarskynlik deur eenvoudige kommunikasie voorkom kon word, nou die indruk skep dat ons ons gaste ongasvry behandel. Ons glo dat gasvryheid, goeie kommunikasie en wedersydse respek hand aan hand loop. Dankie vir julle terugvoer. Ons neem die punte wat aandag verdien ter harte en bly daartoe verbind om Die Skulphuis ’n besondere plek vir ons gaste te maak. Skulphuis Groete!

Noreht V
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Nov 2025

Amazing verblyf, baie gasvry. Baie lekker gebly, sal weer daar bespreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Monique M
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Nov 2025

Rustig en ontspannend. Ons het baie lekker gebly en sal die huis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stephnie H
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Okt 2025

Skoon, netjies, ontspannend. Ons het heerlik gekuier en Ebert was baie aangenaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Belinda F
Kort verblyf
5.0
Apr 2025

Perfek. Dis 'n pragtige plek, baie goed toegerus, naby die strand. Ons is so vriendelik ontvang. Die heerlikste kuierstoep. Ons is so lekker bederf met sjokolade op die bed. Ek sal enige tyd weer in die Skulpiehuis bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marna D
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Mrt 2025

Ontspanne atmosfeer. Naby al die eetplekke. Wat 'n aangename ervaring! Veilig met vinnige toegang tot die strand. Die beste toegeruste kombuis wat ek al ooit beleef het. Geduldige, vriendelike gasheer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ankia V
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Jan 2025

Lekker kuierhuisie by die see. Alhoewel daar nie 'n see-uitsig is nie, kan jy die see hoor en ruik en letterlik 1 minuut se stap, dan is jy op die strand. Skoon, netjies en stylvol.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Carin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
R3 100
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R3 100
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R3 100
per nag (plek vir 6)
Bespreek

36 Harold Ashwell Boulevard, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA17ccefad0c4502a3879123171d41675ab644beb5bf5f8190ab5d38c8d71fcf347c350f4e00a1d31722294af3f6c52e7041e1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 100 per nag (plek vir 6) 13 5 1 5 36 Harold Ashwell Boulevard Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.715 18.44446

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang