Noordelike Vrystaat Akkommodasie by Dimalachite River Lodge & Nature Resort | LekkeSlaap
+107

Dimalachite River Lodge & Nature Resort

  • Kapasiteit: 415 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dimalachite River Lodge, Witbank Plaas, Vredefort, 9595, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R390 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Dimalachite River Lodge & Nature Resort is op die oewer van die Vaalrivier net buite Parys en 'n halfuur vanaf die Vredefort-koepel Erfenisterrein geleë. Dimalachite is vernoem na die kuifkopvisvanger wat al langs die oewer van die Vaalrivier nesmaak. Dié lodge bied verskeie verblyfopsies, onder meer luukse lodges, standaard chalets en kampperterreine.

Ontspan by die swembad of Jacuzzi, geniet die verskeidenheid voëlspesies, roei op die rivier of laat die adrenalien pomp met witwatervlotvaart. Kom saam op 'n wildrit of 'n begeleide visuitstappie en kom vang daai groot vis! Kinders kan ook hulle fietse saambring, op die klimraam speel, 'n rondte minigholf speel, trampoelien spring of selfs met 'n verfbalgeweer teikens skiet. Verder kan jy ook 'n sonsondergang-kruisvaart geniet en jou dag met vingerhappies of 'n vreugdevuurbraai afsluit. Die vlote moet selfbeman word en jy gaan vir seker nat word. Die vlote kan 'n minimum van 4 mense vat.

Die oord se kampeerplekke is op die oewer van die rivier me lieflike uitsigte oor die rivier. Daar is 60 kampplekke met elektrisiteit, kragpunte en braaigeriewe. Die 28 visvangterreine is direk op die water, en die 32 nie-visvangterreine is in die tweede ry, of direk op die direk, nie geskik vir visvang. Met die gate en stroomversnelling is Dimalachite die ideale visvangplek vir vlieghengel en oewervisvang. Die instansie se leuse is "vang en vrylaat", so gaste moet asb. die vis so gou moontlik vrylaat nadat dit gevang is. Vlotte kan gehuur word of gaste kan hul eie bring. Die oord bied matige tot rowwe vlotvaat, asook rustige roeigeleenthede.

Dimalachite het gemsbokke, swartwitpens, rooihartbees, waterbokke, sebras, duikers, impala's, springbokke en steenbokke op die plaas. Kort wildritte is op versoek vir klein groepe (maksimum 5 mense) beskikbaar. Die lodge bied spanbou-aktiwiteite, 'n boma en konferensiegeriewe. By Dimalachite verwelkom ons graag gesinne. Ons bied gerieflike verblyf, kampgeriewe en om nie eers van ons verskeidenheid groot visse soos karp, geelvis, moddervis en baar te praat nie. Wie wil nou nie omring word deur water, wild en die natuur nie? Van tyd tot tyd kan 'n mens die visarend hoor en die omgewing sal jou van rustigheid verseker.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 12 resensies vir Dimalachite River Lodge & Nature Resort
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Dimalachite River Lodge, Witbank Plaas, Vredefort, 9595, Vrystaat
  • Gaste dink Dimalachite River Lodge & Nature Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R390
per nag (plek vir 6)
Vanaf R390
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 415 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dimalachite River Lodge, Witbank Plaas, Vredefort, 9595, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6Eh0vh4vLQlMpe9nffLJTrvOK9FRYVz35e5MUhJx89GmNS4gf1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R390  per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 Dimalachite River Lodge Farm Witbank 9595 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.903309116554 27.368180572812
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za