Dis Al! Akkommodasie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dis Al! Akkommodasie bied gaste 'n keuse tussen kothuise met 'n strandvakansie-atmosfeer in McDougallsbaai, Port Nolloth.

Elke kothuis het slaapplek vir 4 gaste en elkeen van die kothuise het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed. Die kothuise het ook 2 badkamers, waarvan een en suite is met 'n toilet en stort, en die ander een het 'n bad en toilet. In die leefarea is daar 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus met 'n klein stoof, mikrogolfoond, yskas, kooktoebehore, eetgerei en breekware. TV en DStv is beskikbaar, maar gaste moet hul eie slimkaart en dekodeerder saambring vir spesifieke kanale.

Daar is ook ’n eenheid, Tjailatyd, wat slaapplek aan 6 gaste bied.

Dis Al! Akkommodasie beskik oor 9 eenhede: Droom Kothuis, Ontspan Kothuis, Wegbreek Kothuis, Ruskans Kothuis, Salig Kothuis, Knus Kothuis, Vrolik Kothuis, Jolyt kothuis en Tjailatyd.

Braaigeriewe is op die stoep beskikbaar en die kothuise is troeteldiervriendelik.

Gaste kan verskeie doendinge in die omgewing geniet soos swem, stap, kajak- en bootvaart, of visvang (snoek en geelstert - let daarop dat 'n permit vereis word). Gaste kan ook die Richtersveld Nasionale Park besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dis Al! Akkommodasie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za