Port Alfred Akkommodasie by Dockside Guest House | LekkeSlaap
+12

Dockside Guest House

14 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Caxton Steeg, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Dockside Guest House is reg oorkant 'n pragtige klein hawetjie geleë aan die oostelike oewer in Port Alfred in die Oos-Kaap. Port Alfred is uiters gerieflik geleë tussen die twee stede, Oos-Londen en Port Elizabeth, so 150 km vanaf elkeen.

Dockside Guest House word deur die eienaars, Des en Pat Riggien, bestuur en jy sal hul hartlike gasvryheid en vriendelikheid regdeur jou verblyf ervaar. Die hoeveelheid gaste wat keer op keer weer hier kom bly is 'n goeie aanduiding van die gehalte van ons akkommodasie.

Die gastehuis is aan die oostelike oewer geleë en bied ongelooflike uitsigte. Ons ligging is gerieflik geleë ten opsigte van die strande en die dorpie. Dit is ook 'n uitstekende oorslaapplek, siende dat ons maklike toegang tot die hoofpad deur Port Alfred bied.

Elk van ons 5 kamers bied uitsigte oor die klein hawetjie, die Kowierivier en die unieke, gewelfde Kowiebrug. Die kamers is almal smaakvol en elegant ingerig. Elke kamer beskik oor DStv, 'n yskassie, 'n haardroër, tee- en koffiemaakgeriewe. Drie van die kamers het hul eie aparte ingang wat lei na privaat-patio's en die rustige tuin waar talle voëlsoorte daagliks sing en baljaar.

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 14 resensies vir Dockside Guest House
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • 1 Caxton Steeg, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Gaste dink Dockside Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Caxton Steeg, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDczZTMxYzVlLTUwOTEtNGI2Ny1iNTkyLWFkNzA4MGM5NTJlMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 1 Caxton Lane Port Alfred 6170 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.592046294352 26.892668773016
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za