Dolphin Villa
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 19 Jan 2021 tot 31 Mrt 2021.
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Petuniastraat 6, Blue Horizon Bay, 6070, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R4 000R3 200 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Dolphin Villa is in die mooi dorpie, Blue Horizon Bay, halfpad tussen Port Elizabeth en Jeffreysbaai geleë en bied 'n uitsig oor die strand en die see.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 12 gaste en is ideaal vir 'n familie of 'n groot groep vriende. Dit beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-leefarea.
Daar is 'n ruim slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak op die grondverdieping. Die tweede slaapkamer op hierdie verdieping het 4 enkelbeddens en is ideaal vir kinders.
Die ander slaapkamers, kombuis en sitarea is almal op die eerste verdieping. Een van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.
Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 slaapbanke vir 4 ekstra gaste in die sitarea en 'n gastetoilet is beskikbaar op die eerste verdieping. Al die slaapkamers het lekker baie pakplek wat die huis ideaal maak vir langer verblyf.
Die aparte kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die opwasarea het 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel met sitplek vir 7 gaste geniet en in die sitarea of by die kroeg ontspan.
Daar is 'n binnebraai en 'n buitebraai op die groot stoep met 'n uitsig oor die see. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar.
Dolphin Villa is net 300 m van die strand en 650 m van 'n koffiewinkels en restaurante. Dit is in 'n natuurreservaat en gaste sien gereeld bosbokkies en ander kleinwild en walvisse kan in seisoentyd gewaar word.
Slaapplek
’n Bespreking by Dolphin Villa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Petuniastraat 6, Blue Horizon Bay, 6070, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Blue Horizon Bay Cacadu-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Petuniastraat 6, Blue Horizon Bay, 6070, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom